Welkom by Laerskool Dagbreek

Laerskool Dagbreek is 'n Afrikaans medium skool in Carletonville. 

Tans is daar 794 leerlinge vanaf Graad R tot Graad 7 in Laerskool Dagbreek. By Laerskool Dagbreek streef  ons daarna om ‘n totale waardegedrewe skool te wees, en is baie trots daarop om gesien te word as een van die vooraanstaande skole in die Wes Rand en so ook die groter Gauteng area. 

Ons skool is geopen in 1959 en het deur die jare net van krag tot krag gegroei. 

Die sukses van ons skool kan toegeskryf word aan 'n wonderlike span, 

wat insluit 'n toegewyde en waardegedrewe onderwysspan, en ondersteuning

 van die ouers en die gemeenskap as ‘n geheel.   


 

Laerskool Dagbreek Visie

Verseker dat elke leerder op skool goed presteer en ons instansie verlaat met kennis, vaardighede en kwalifikasies wat hulle die beste kans op sukses in die volwasse lewe sal gee.

Dagbreek se leuse: Begin Vroeg 

Slagspreuk: Saamstaan is Sterk Staan

  

Nuusflitse se teks kom hier, as jy op die Gebeure click dan sien jy die Gebeure se teks 

Nuusbriewe:

Gr.4-7 Eksamenrooster 4de Kwartaal

Gr.4-7 Leerwerk 4de Kwartaal

Advertensieborde:

Alle besighede, nie net ouers van kinders in die skool,  wat borde by Laerskool Dagbreek wil oprig, is meer as welkom om die skool te kontak vir meer inligting.