Hokkie 

2018

Die o/7 - o/9 hokkie dogters speel Mini-hokkie wedstryde teen die Gauteng Wes (D2) skole.

Alle wedstryde is vriendskaplik en handel oor die ontwikkeling van hokkie in laerskole.


Die o/10 - o/13 hokkie dogters neem hierdie jaar deel aan die "Elite League" van Gauteng Wes (D2).

Dit gaan 'n uitdagende maar opwindende jaar wees vir hokkie by Laerskool Dagbreek.


Oefentye is soos volg:      

o/7 Dinsdae en Donderdae  13:30 -14:30  Nadia van Huyssteen & Louise Kühn
o/8 Dinsdae en Donderdae 14:00 -15:00  Shané van Zyl & Esjoné Groenewald
o/9 Dinsdae en Donderdae 14:00 - 15:00  Esmé Dercksen & Chanél Prinsloo
0/10    Dinsdae en Donderdae (Skool) 14:00 -15:30  Stefni Moscos en Jo-Anne Kirsten
o/11 Dinsdae en Donderdae (Skool) 14:00 - 15:30 Antoinette du Plessis & Judy Diamond
0/12 Dinsdae en Donderdae (Skool) 14:00 - 16:00 Michél Ebersohn & Desré Oosthuizen
 0/13  Dinsdae en Donderdae (Callies) 14:00 - 16:00 Ds. Henk Calitz & Geline van Zyl



Hokkie organiseerder is Stefni Moscos. 


Prestasies:

Die seisoen skop af met 'n hokkiekliniek, aangebied deur Adventure Peak.

Die o/10 tot o/13 spanne het deelgeneem aan die D2 Elite Liga in Krugersdorp.

Al die spanne dring deur na die kwart-finale. Die o/10 span wen in die kwart finaal en verloor net-net tydens die "8-seconds".

Die o/7 tot o/9 spanne het ook 'n 2-dag kliniek bygewoon en gaan neem deel aan 'n mini-hokkie festival aangebied deur Laerskool Dagbreek.

Die volgende dogters dring deur tot die tweede rondte van die Gauteng-Wes proewe:

Inge Grobler, Danelle Potgieter, Liané Nel, Natasha Nagel

Liané Nel word gekies vir die o/13 Gauteng-Wes Hokkiespan.

 

Hokkie Akademie

2018

Carletonville Hokkie Akademie, die plek waar kinders die basiese vaardighede aanleer, 

nie net vir hokkie nie maar ook vir die lewe. 

Afrigter: Ds. Henk Calitz

Oefentye:  Maandae 16:45 - 17:45

Koste: R100 (pm) Vir meer inligting: 081 474 8942