Geen Krieket vir 2020
a.g.v COVID-19
Krieketakademie
2019
Laerskool Dagbreek het ‘n krieketakademie waar seuns regdeur die jaar aan hulle vaardighede kan skaaf.
Aandag word aan kolf-, boul- en veldwerk gegee, terwyl algemene krieketetiket ook aandag geniet.
Die onderwysers wat die akademie aanbied het albei ‘n liefde vir die sport en speel nog self klubkrieket.
Alle seuns vanaf graad R tot graad 7 is welkom!
Kontak gerus vir Mnr. Ruan de Koker of Mnr. Pieter Davidtsz met enige navrae.
Krieket
Laerskool Dagbreek is een van min laerskole wat bevoorreg genoeg is om oor drie baanblaaie te beskik.
Die skool neem deel aan die streeksliga van o/9 tot o/13.
Afrigters vir die onderskeie spanne vir die 2019 seisoen is as volg:
o/8 |
Dinsdae en Donderdae |
14:00 - 15:30 |
Mnr. Frik van Deventer / Mnr. Leander Carelsen
|
o/9 |
Dinsdae en Donderdae |
14:00 - 15:30 |
Mnr. Thabo Molete |
o/10 |
Dinsdae en Donderdae |
14:00 - 15:30 |
Mnr. Antonie Keyter |
o/11 |
Dinsdae en Donderdae |
14:00 - 15:30 |
Mnr. Gerhard van der Merwe |
2de |
Dinsdae en Donderdae |
14:00 - 15:30 |
Mnr. Willie Carelsen |
1ste |
Dinsdae en Donderdae |
15:30 - 17:00 |
Mnr. Pieter Davidtsz / Mnr. Ruan de Koker |
Die krieketorganiseerder is Mnr. Ruan de Koker.
