Welkom by Laerskool Dagbreek
Laerskool Dagbreek is 'n Afrikaans medium skool in Carletonville.
Tans is daar 855 leerlinge vanaf Graad R tot Graad 7 in Laerskool Dagbreek. By Laerskool Dagbreek streef ons daarna om ‘n totale waardegedrewe skool te wees, en is baie trots daarop om gesien te word as een van die vooraanstaande skole in die Wes Rand en so ook die groter Gauteng area.
Ons skool is geopen in 1959 en het deur die jare net van krag tot krag gegroei.
Die sukses van ons skool kan toegeskryf word aan 'n wonderlike span,
wat insluit 'n toegewyde en waardegedrewe onderwysspan, en ondersteuning
van die ouers en die gemeenskap as ‘n geheel.